Indiese Suid-Afrikaners

Indiër-Suid-Afrikaners
Suid-Afrikaanse Indiërs
Vlag van Indië Vlag van Suid-Afrika

Durban, "die grootste Indiese stad buite Indië"
Totale bevolking: 1 274 867[1]
2,5% van die Suid-Afrikaanse bevolking (2011)[1]
Belangrike bevolkings  in: DurbanPietermaritzburgJohannesburgKaapstadPretoria
Taal: EngelsAnder tale van Suid-AfrikaHindiGujaratiMarathiOriyaOerdoeBhojpuriAwadhiTamilTeluguPandjabiMalayalamKannada
Geloofsoortuiging: Hindoeïsme Islam Christendom
Verwante etniese groepe: Indiese diaspora

Indiese Suid-Afrikaners, Indiër-Suid-Afrikaners of Suid-Afrikaanse Indiërs is burgers en inwoners van Suid-Afrika van Indiese afkoms. Die meerderheid woon binne en rondom die stad Durban. Dit maak van Durban "die grootste Indiese stad buite Indië".[2] Baie Indiërs in Suid-Afrika is afstammelinge van immigrante uit die koloniale Indië (Suid-Asië) van die laat 19de eeu tot die vroeë 20ste eeu. Partykeer word Indiërs ingereken onder die wyer geografiese klassifikasie van "Asiërs".

Daar is nog steeds ’n kulturele, godsdienstige en ras oorvleueling tussen "Asiërs" en "Indiese Suid-Afrikaners". Tydens die tydperk van segregasie en apartheid het die "Indiese", "Asiatiese", "Kleurling", en "Maleise" groepidentiteite talle aspekte van die daaglikse lewe beheer, insluitend waar ’n persoon toegelaat is om te woon.[3]

Gedurende die tydperk van apartheid vanaf 1948 tot 1994 is Indiërs geklassifiseer onder terme wat gewissel het van "Asiërs" tot "Indiërs"; partykeer het hulle die terme vrywillig aanvaar. Volgens sommige burgers was hierdie terme verbeterings in vergelyking met die negatiewe gedefinieerde identiteit van "Nie-blank", wat hul vorige klassifikasie was. Polities bewuste en nasionalistiese Indiese Suid-Afrikaners wou beide hul erfenis sowel as hul plaaslike wortels toon. Toenemend identifiseer hulle as "Afrikane", "Suid-Afrikaners" en "Indiese Suid-Afrikaners".

Nietemin het die verspreiding van demokratiese verkiesings etniese lojaliteite soms verhoog. Politici en groepe soek ’n manier om te mobiliseer in die mededingende parlementêre demokrasie wat Suid-Afrika sedert 1994 geword het.[4]

  1. 1,0 1,1 "Statistical Release P0302: Mid-year population estimates, 2011" (PDF). Statistics South Africa. 27 Julie 2011. p. 3. Besoek op 1 Augustus 2011.
  2. Mukherji, Anahita (23 Junie 2011). "Durban largest 'Indian' city outside India". The Times of India (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Oktober 2019. Besoek op 30 September 2019.
  3. "BBC World Service | Bridgin the divide: Indians in South Africa". Bbc.co.uk (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Desember 2018. Besoek op 6 November 2011.
  4. SookDeo, A. "The Transformation of Ethnic Identities; the case of 'Coloured' and Indian South Africans", Journal of Ethnic Studies, Winter 1987–1988. (Western Washington University, Bellingham, Washington)

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search